Vrystaat Landbou Kongres 2024 - John Steenhuisen Podcast By  cover art

Vrystaat Landbou Kongres 2024 - John Steenhuisen

Vrystaat Landbou Kongres 2024 - John Steenhuisen

Listen for free

View show details

About this listen

Minister van Landbou, mnr John Steenhuisen, het tyd ingeruim om Vrystaat Landbou se 120ste bestaansjaarvieringe by te woon en het onomwonde bevestig dat hy die saak van landbou en die landbouers enduit sal verdedig.

Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met belanghebbendes te bou op die suksesse wat die bedryf reeds behaal het.

Gernie Botha, hoof- uitvoerende beampte, het verduidelik dat die tema van vanjaar se kongres die Latynse gesegde "quo vadis" was, wat in Afrikaans vertaal word met "waarheen gaan jy".

adbl_web_global_use_to_activate_T1_webcro805_stickypopup
No reviews yet